Die organisasie vir tradisionele leiers, Contralesa, sê hy hoop vandag se staatsrede sal aandag gee aan ‘n dreigement deur die Amerikaanse president, Donald Trump dat hy befondsing aan Suid-Afrika wil ...
Die polisie sê bykans vier duisend verdagtes is van Oktober tot einde Desember verlede jaar landwyd in hegtenis geneem vir verkragting en poging tot verkragting. Die nasionale polisiekommissaris, ...
Die Minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola sê Suid-Afrika sal voortgaan om met die Amerikaanse regering in gesprek te tree. Dit volg nadat die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake ...
Die Departement van Verdediging het bevestig dat die liggame van die Suid-Afrikaanse soldate wat in die Demokratiese Republiek die Kongo gesneuwel het, vandag na Suid-Afrika teruggebring sal word.
Die skietstaking wat om halfnege vanoggend in Gaza in werking moes tree, is uitgestel. Die Israelse weermag sê die skietstaking kan eers in werking tree wanneer Hamas sy verpligtinge nagekom het. Die ...
Die skietstaking tussen Israel en Hamas in Gaza het in werking getree, nadat Hamas die name bekend gemaak het van die drie Israelse gyselaars wat vandag as deel van ‘n skietstakingsooreenkoms ...
Die Gautengse LUR vir finansies, Lebogang Maile, sê spazawinkels in die provinsie wat nie regulasies nakom nie, is steeds ‘n groot bron van kommer. Hy het gister die media in Sandton toegespreek oor ...
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu het gewaarsku dat sy land gereed is om die oorlog in Gaza te hervat indien onderhandelings vir ‘n tweede fase van die skietstaking, in duie stort.
Die Amerikaanse president, Donald Trump het gedreig om alle toekomstige befondsing aan Suid-Afrika op te skort weens sy grondonteieningsbeleid. Trump het op sy mediaplatform, “Truth Social” gesê ...
Die Gaza-ooreenkoms tussen Israel en Hamas sal na verwagting om halfnege vanoggend in werking tree. Israel se volle kabinet het die ooreenkoms vir ‘n skietstaking met Hamas en die vrylating van ...
Motoronderdeelvervaardigers het kommer uitgespreek oor die impak van die sluiting van ArcelorMittal Suid-Afrika, of AMSA se langstaalaanlegte op die Suid-Afrikaanse motorbedryf. Dié sektor is ‘n ...
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy sê voetgangersterftes bly ‘n groot bron van kommer op Suid-Afrikaanse paaie. Creecy het vroeër aangekondig dat padsterftes die afgelope Feestyd toegeneem het ...